Rasmus Seebach

Rasmus Seebach
Seebach tydens 'n optrede by die Vig-fees 2010.
Agtergrondinligting
GeboortenaamRasmus Seebach
Gebore28 Maart 1980 (1980-03-28)
Frederiksberg, Kopenhagen (Denemarke)
GenresPop
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, musiekvervaardiger
InstrumenteSang, klavier, klawerbord
EtiketteArtPeople
Webwerfrasmusseebach.dk

Rasmus Seebach (gebore 28 Maart 1980 in Frederiksberg) is 'n Deense sanger, liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Hy debuteer met die treffer Engel in April 2009, nadat hy vir meer as tien jaar lank liedjieskrywer vir ander kunstenaars was. In September verskyn sy selfbetitelde debuutalbum, wat 'n groot sukses was en oor die 200 000 eksemplare verkoop is, en die rekord hou vir die meeste weke op die treffersparade. Die uitgee van sy tweede album Mer' end kærlighed in Oktober 2011 was die vinnigste blitsverkoper in die geskiedenis, met meer as 42 000 eksemplare wat in een week verkoop is.

Rasmus Seebach se musiek is uitgegee in Swede, Noorweë en Duitsland, waar hy veral sukses in Swede onder die Top 5 met Natteravn (Afrikaans: "Nagraaf") losgeslaan het. As liedjieskrywer het hy en sy ouer broer Nicolai ook groot sukses behaal met die ondersteuningsliedjie Hvor små vi er (Afrikaans: "Hoe klein is ons") (2005) vir die slagoffers van die 2004-tsunamiramp. Dit het 13x platinumstatus bereik.

Rasmus Seebach se sukses is al toegeskryf aan die liedjies se eenvoudige, banale lirieke oor "liefde en stadstoere, wat in sy lirieke dikwels praat- of SMS-taal besig" en "dat sy lewensverhaal die bestanddele het van 'n meer geharde Deense pop-verhaal", met verwysing dat Rasmus Seebach die seun is van die gewilde Deense sanger, Tommy Seebach, wat in 2003 gesterf het.[1][2]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hansen
  2. Andersen, Olav Skaaning (27 Desember 2011). "Rasmus Seebach er en solstrålehistorie" (in Deens). B.T. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 27 Desember 2011.

Developed by StudentB